Kaleidoskoop By Die George Botaniese Tuine


Previous Page

26th Dec 2019
 George

Kaleidoskoop se Piekniek onder die Sterre met musiek, wynproe en spitbraai

Kaleidoskoop se Piekniek onder die Sterre met musiek, wynproe en spitbraai. Dis weer daardie feestelike tyd waar Kaleidoskoop tydens hulle Desember-toer stop in George vir hulle jaarlikse Piekniek onder die Sterre in ons pragtige Botaniese Tuin.

Hierdie jaar maak ons die dag nog meer gesellig met ‘n wynproe aangebied deur Houtbosch asook ‘n lekker spitbraai deur Spitbraai Perfect. Ons nooi almal uit om iets te bring om op te sit, ‘n sambreel en warm ding in te pak (want ons weet mos George se naam is eintlik “Vier-Seisoene-in-Een-Dag”) en die aand te ontspan terwyl jy die uitsig aanskou en die musiek geniet.

In ‘n Kaleidoskoop-vertoning kan jy verwag om omring te word met ‘n magiese atmosfeer vol liggies en vlaggies. Terselfdertyd sal jou ore bederf word met die akoestiese klanke van kitaar,klavier, mandolien, ukuleles, trekklavier, perkussie, glockenspiel en ander instrumente asook die strelende harmonieë van hul stemme.

Houtbosch Wyn is geleë in die hart van die Tuinroete, aan die voete van die majestieuse Outeniqua Berge. Let wel dat die aand slegs ‘n wynproe sal insluit en dat geen alkohol op die perseel verkoop sal word nie. Ons stel voor dat julle sommer vooraf by hulle ‘n draai gaan maak en ‘n bottel of 6 aanskaf. Kaleidoskoop gaste kry 10% afslag op ‘n bestelling van 6 bottels. Die Houtbosch proe-kamer is ‘n visuele plesier en vertoon hulle progressiewe wyn en boetiekbier in styl. Met hulle smag na ervaring en deur hulle liefde vir wyn en die plaaslike gemeenskap, het hulle droom ‘n realiteit geword. Hulle missie by Houtbosch Wyn & Boetiekbier is om ‘n toonaangewende handelsmerk te skep waarop die mense in die Tuinroete kan trots wees en hulle eie noem.

Spitbraai Perfect sal sorg vir iets smullekker vir die maag met spitbraai burgers, borde spitbraai en slaptjips as jy lus was vir ‘n vakansie-happie (die dieët begin mos eers weer 1 Januarie).

Die vertoning vind plaas op Donderdag, 26 Desember 2019 by die George Botaniese Tuin. Die vertoning begin om 19:00 maar hekke maak 17:00 oop vir diegene wat vroeg wil begin piekniek. Let wel dat gaste hulle eie kos en drinkgoed mag inbring maar geen “hardehout” sal toegelaat sal word nie.

Kaartjies is R150 vir die vertoning (kinders onder 12 is R100) en R35 vir die wynproe. Kaartjies kan bespreek word via www.kaleidomusiek.co.za .

Vir meer informasie, kontak asseblief Liané van Zyl by info@groen.net.za of deur 082 878 0931 te skakel.

 


Contact details


Cell: 082 878 0931

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: