Snotkop By Celebratio Granaatplaas


Previous Page

7th Sep 2019
 Oudtshoorn

Snotkop by Celebratio Granaatplaas

Snotkop, een van die land se gewildste Afrikaanse sangers, tree op Saterdag 7 September vir die eerste keer op ‘n granaatplaas in die hartjie van die Klein Karoo op.

Snotkop het die vermoë om treffer ná treffer uit te reik – sy jongste album “Sous” het pas goue status bereik, soos ook sy voriges “HKGK” en “Soos ‘n BOSS”. Hy’t ‘n rits toekennings agter sy naam en sy YouTube-video’s van sy liedjies is legendaries. Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke. Konsertgangers kan uitsien na van sy grootste treffers soos “Agter op my fiets”, “Parapapa”, “Cool soos Koos Kombuis” en “Dikkelicious”. Maak jouself reg vir ‘n groot partytjie onder die sterre van die Klein Karoo. Kom dans en sing dat die biesies bewe! Kos- en wynstalletjies open reeds van 18:00 af en die vertoning begin om 20:00. 

Venue: Celebratio Granaatplaas (30km buite Oudtshoorn)
Toegang: R160


Contact details


Cell: 082 802 7138

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: