Tanja Storm - Ek Is Oppad


Previous Page

24th Aug 2019
 George

TANJA STORM - Daar is ‘n storm oppad

Ek is Oppad is Tanja Storm se splinternuwe, langverwagte vrystelling. En hierdie keer sing sy net in Afrikaans.

Tanja Storm sluit aan by haar eerste orkes op die ouderdom van 14. Sy begin as klawerbordspeler en het later ingestem om agtergrond stem te sing tot sy uiteindelik, weens die gehore se positiewe aanmoediging, as solo-kunstenaar begin optree het.

Sy het al geopen vir groot kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jackie Lou, Chris Chameleon, Kevin Leo en Jan Blohm, en die verhoog gedeel met Mel Botes, Duncan Faure (Rabbitt) en vele ander. Venues het haar teruggevra en in ‘n klein dorpie soos Mosselbaai het sy konstante optredes om haar aan die gang te hou.

Haar debuut album is opgeneem in 2009 en haar eerste musiekvideo (Tevergeefs) was uitgesaai op Kyk-Net. Sy ontmoet met plaaslike musikante om die gewilde cover-band The Wellcast, te stig. Tanja is nie net ‘n aktiewe musikant nie, maar het sy ook ondervinding in teaterwerk en om fees- en seisoen- vermaaklikheidsprogramme te organiseer. Dit is juis weens haar liefde vir teater dat sy haar eie suksesvolle huldeblyk produksies geskryf, insluitende die gewilde Rockolution: The Evolution of Rock ‘n Roll.

Sy het onlangs teruggekeer na die studio en verskeie enkelsnitte vrygestel. Haar Afrikaanse enkelsnit (Môreson) het positiewe terugvoer van verskeie radio stasies ontvang en die musiekvideo word tans uitgesaai op KykNet. Verskeie van haar enkelsnitte het nommer 1 op plaaslike Suid-Afrikaanse radio stasies gehaal.

Uiteindelik stel Tanja haar splinternuwe album, Ek is Oppad, bekend aan ons plaaslike gehoor. “Ek kan nie in ‘n boksie gesit word nie. My liedjies verskil almal van mekaar, maar een ding wat my liedjies in gemeen het, is dat dit outentiek is. Ek wou dit nie oor-verwerk hê nie. Dit moet eg wees. Mens moet dit live kan opvoer. Dis regte instrumente gespeel deur regte mense.”

Kom kuier saam met Tanja Storm (en live band!) by die George Arts Theatre op Saterdag 24 Augustus. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of skakel 044 874 3142 vir navrae.


Contact details


Tel: 044 874 3142

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: