Valiant Swart Live - Mel's Place


Previous Page

3rd Dec 2021
 Plettenberg Bay

Valiant Swart LIVE - Mel's Place

Valiant Swart is al sedert 1990 ‘n instelling op die SA musiektoneel. Sy eiesoortige, sielvolle blues, folk en country-rock, versny met inheemse kwela en boeremusiek, en sy bekroonde stories en lirieke, het deur die jare aan hom ‘n groot, lojale gevolg besorg.

Sy treffers soos ‘Sonvanger’ en ‘Eyeshadow’ het volksbesit geword, en ‘n wye verskeidenheid kunstenaars het van sy liedjies opgeneem. Hy het letterlik duisende optredes dwarsoor Suid-Afrika en in die buiteland op sy kerfstok – van kroee en rock-feeste, tot teaters en reuse-galavertonings by Sun City, kunstefeeste en dies meer. In 2010 was hy die eerste ontvanger van die gesogte Oppikoppi ‘Lifetime Achievement’ toekenning.

Hy het reeds 17 albums uitgereik (van ‘Die Mystic Boer’ in 1996 tot 2016 se ‘Nagrit’), waarvoor hy talle toekennings verwerf het. Daarby het hy drie boeke gepubliseer, en is ook al vir meer as tien jaar lank ‘n gewilde rubriekskrywer vir verskeie publikasies. Op televisie was hy die aanbieder van ‘Veertig dae deur die Delta’, ‘n dokumentere kykNet-reeks oor Amerikaanse blues-musiek, waarin kykers sy reise deur die blues-hartland van Tennessee, Mississippi en Louisiana gevolg het. Dit het gelei tot sy manlike hoofrol in die hoogs gewilde dramareeks ‘Song vir Katryn’, waarvan hy ook die klankbaanmusiek gekomponeer het, met ‘n ‘goue status’-album tot gevolg.

Valiant se solo-optredes het reeds legendariese afmetings aangeneem. Met sy akoestiese kitaar en bekfluitjie kombineer hy sy klassieke liedjies – soms aangrypend, soms hartseer, soms lig en speels en gewoon skreeusnaaks – met die vertel-styl van ‘n ware raconteur.

Doors Open 17h00
Show Starts 19h00


Contact details


Cell: 079 876 0406

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: