4 Panados En ’n Chardonnay Kabaret Met Elsabe Zietsman


Previous Page

14th Aug 2024
 Mossel Bay

4 Panados en ’n Chardonnay kabaret met Elsabe Zietsman

In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid.

As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.

Vier Panado’s en ‘n Chardonnay het ‘n Kanna toekenning by die onlangse KKNK ontvang vir Beste aanbieding: Musiek.

"In net meer as 'n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier 'n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met 'n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert (Routrip) werk en verken 'n groot emosionele terrein in Vier Panado's en 'n Chardonnay - hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend." - Laetitia Pople, Netwerk24 

Tydsduur: 75 minute

Kom geniet net die show of boek 'n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir 'n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00



Vir meer inligting: +27 44 691 1995

MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel 
TEKS EN REGIE Johann Slabbert 
MUSIEKREGIE Tony Bentel 
VERVAARDIGER Drama Drama

Intelligent, snaaks, bemoedigend – dié kabaret is kuns as kuur – Netwerk24


Contact details


Tel: 044 691 1995

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: