Doornkraal


Doornkraal: Doornkraal

De Rust, Western Cape, South Africa

Doornkraal, die Le Rouxs van De Rust se familieplaas, is internasionaal bekend as versamelpunt van interessante mense, aangetrek deur die weergalose gasvryheid, die verruklike etes, en die heerlikste stories wat om die groot geelhouttafel in die eetkamer vertel word. Maar dis ook ‘n lewenswyse: Wakker word in ‘n paradys van klapperbos en witkruisarende, heel dag stoei met moedswillige elemente en dankbare grond, en saans uitspan onder die Karoohemel se skatkamer.

Dié lewenswyse het ‘n lang geskiedenis: Grootoupa PM het die plaas in die 1880’s uitgelê en dit genoem na die doringtakkrale van die veepos wat dit was. Kort ná die vestiging van die plaas is reeds ‘n lappie wingerd aangeplant, aanvanklik vir brandewyn en later vir wyn. In 1914 het oupa Gert die binnewerke van die volstruispaleis teen die heuwel uit ‘n katalogus van Brittanje bestel en dit laat bou, ‘n skrale drie jaar voor die ‘val van die vere’.

Dis die wyn, ge-oes van die wingerde wat groei in die klipperige grond teen die randjies, wat die plaas aanvanklik beroemd gemaak het. Maar soos enige boer in die Klein Karoo weet, kan jy nie al jou eiers in een volstruisnes hou nie. In die donker, geil grond teen die rivier groei lusern, groentesaad en weidings vir die skape, beeste, varke en perde. (Daar’s mense wat sê dat Swepie ook boer met kinders, maar hy hou vol dat sewe skaars ‘n begin is.)

Ons nooi jou uit om deel te word van die wonderlike verhaal van Doornkraal. Op hierdie webwerf sê ons jou hoe.

At Doornkraal, enfolded by the foothills of the Swartberge, we’ve been making wine since the late 1800’s. This is what the farm has become famous for, but we also cultivate lucern, vegetable seed and pastures for sheep, cattle, pigs and horses.

The farm is also renowned for its peerless hospitality, legendary entertaining and its incomparible way of life. Celia, one of the seven Le Roux children, currently devotes her boundless energies to nurturing the farm. And would like you to share in the wonderful story of Doornkraal. In these pages you can find out how.

Tel: +27 44 241 2556, Mobile: +27 82 895 5009, Address: STOMPDRIFT ROAD De Rust
PREVIOUS PAGE
 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: