Die KKNK is ’n familiefees wat besoekers van regoor Suid-Afrika en die wêreld lok, al vanaf 1995 en wil met die jaarlikse fees en ander projekte (nou ook digitaal) 'n opbouende bydrae tot nasiebou lewer met volhoubare platforms.
Oudtshoorn skud ná ’n afwesigheid van twee jaar sy vere reg om feesgangers van 29 Maart tot 3 April 2022 by die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te verwelkom. Die formaat van die fees gaan effens anders lyk en ons gaan vanjaar 'n inentingsmandaat toepas om 'n veilige fees te kan aanbied.
Behalwe vir die program wat alle genres in die uitvoerende kunste, sowel as visuele kuns, insluit, is die ryk kultuurgeskiedenis van Oudtshoorn, die natuurskoon van die streek en die welbekende gasvryheid van die dorp ook ’n rede dat feesgangers jaar na jaar terugkeer vir die fees.
Besoek www.kknk.co.za vir meer inligting.
Contact details