Mel Die Storieverteller - Dik Deurmekaar


Previous Page

4th Oct 2024
 George

Mel Die Storieverteller - Dik Deurmekaar

Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak komediante van 2023. Van internet sensasie na verhoog sensasie los sy gehore vriendelik verras en oppie-vloer van al die lag. 

Mel die Storieverteller kom kuier by die George Arts Theatre!



Dik Deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n verhalende een-vrou vertoning vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaargeid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ‘n hengse deurmekaarspul is. Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel snaakse waarnemings van ‘straight couples’, die landslied, slimfone en ‘fancy’ karre. 

Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ‘n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik Deurmekaar ontroer ‘n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind.

Haar unieke manier van dinge raakvat en saamvat en uitbeeld maak dat gehore die hele 60-minute deur aan haar lippe hang. Maar Mel belowe nie dat die vertoning volgens plan gaan verloop nie, want soms is die lekkerste deel van die vertoning om bietjie gek te skeer met gehoorlede en dan duik nuwe grappies op so tussendeur die stories - dus moet jy met omsigtigheid jou kaartjies bespreek.

Ouderdomsbeperking: Geen onder 14s
Vertoning duur: 60-70 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
At the George Arts Theatre


Contact details


Tel: 044 873 3938

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: